Agtergrond van die Bybel

Nahum   Kernteks: “’n Uitspraak teen Nineve. Die boek waarin die openbaring wat Nahum die Elkosiet ontvang het, opgeteken is. Die Here is ’n God wat baie begaan is oor sy volk, ’n God wat Hom wreek. Die Here wreek Hom in sy gloeiende toorn, die Here wreek Hom op sy teëstanders, sy toorn ontvlam ... Lees verder

‘n Getuienis wat ons per WhatsApp van Juanita Geyer ontvang het

14 Desember 2020 “Hallo daar, die storie is eintlik vir ds Hannes, hy kan dit gebruik vir die kerkkoerant as hy wil, kan jy dit asb forward vir hom, ek het gister n nare ondervinding gehad, ek het gaan stap met my 2 staffie honde. Om die draai van ons is n baie kwaai bullterrier, ... Lees verder

Chris aan die woord: 2021 GAAN ’N GOEIE OESJAAR WEES

My asemskep-, stil word- en dink tye is vroegoggend tussen ons sitrusbome waar die kraakvars reuke van lewe my inspireer en opgewonde maak. Elke oggend, douvoordag is ek flink uit die vere sodat die sitrusbome water en versorging kan kry. Ons pomelo-boom se vrugte is tot barstens toe vol lewe! Tydens herfstyd behoort ons, ons ... Lees verder

Kom ons begin weer sing!

Liewe Gemeente Ek glo julle mis ons gemeentesang netso baie soos ek.  Ek sê die alfabet op en probeer dan by elke letter ‘n kerklied sing.  Dit sukkel – ‘n mens raak nou regtig verroes! As julle op die skakels onder kliek, sal slegs die eerste versies en note van 3 liedere verskyn wat ek ... Lees verder

MOENIE VERGEET OM GOD TE DANK NIE

Die klokkie by die voordeur lui en twee gehawende kindertjies in oorgroot jasse bo-oor verslete kleertjies het in die deurkosyn styf teen mekaar gesit. Hulle vra: „Het Tannie enige ou koerante?“ Ek was van plan om nee te sê totdat ek hulle voete – blou van die koue in sandale te klein vir die voete ... Lees verder

Stephan Joubert oor inenting

Is Openbaring 13 se merk ‘n verwysing na die entstof teen die Corona virus? Openbaring 13:16 praat van ‘n merk op mense voorkop en regterhand wat deur ‘n Sataniese dier aangebring word op ryk en arm, klein en groot, slaaf en vry. Skielik is dit baie predikers se gunsteling teks om vir mense te probeer ... Lees verder

Nuusbrief uit Varanasi (LW van einde 2020)

FOR THE LEAST OF THESE… Matthew 25:31-46 Rahul en Lorette – Gebedsbrief Nr 4/2020 Liewe Vriende, Hier staan ons aan die einde van 2020… Ons almal sal hierdie jaar onthou as die een wat gekom het met ‘n verrassing wat niemand verwag het nie. Die een wat beslis nie verloop het soos wat ons beplan ... Lees verder

Nuus van Feba radio

PROJEK – DIE BEKENDSTELLING VAN ‘LITALA FM’ 2021 Geagte NGK Kuilsrivier-De Eike Terwyl ons nog in die beginfase van 2021 is kan die toekoms enigiets inhou. Vertroue in die media is besig om drasties af te neem as gevolg van die groot toename in sogenaamde, fopnuus. Mense wat hul eie weergawe van die waarheid wil ... Lees verder

Bybelgenootskap se gebedslys vir die res van Januarie

17 – 23 Niger:  Bid vir ons nasie se veiligheid in die stryd teen Islamitiese groepe soos, Boko Haram.  Bid dat die kerke die werk van die Bybelgenootskap sal ondersteun. Benin:  Bid vir die voortgaande en langverwagte vertaling van die Bybel in moderne Gun.  Bid vir ons pogings om ongeletterdheid in ons land aan te ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Miga 1. Kerntekste: “Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoë God gaan kniel? Moet ek met offers na Hom toe gaan, met jaaroud kalwers? Sal die Here duisende ramme aanvaar saam met tien duisende offers van olie? Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde, hom ... Lees verder