Chris en die Drop-and-Go

“DROP&GO” IS DANKSY JULLE ‘N WENRESEP! Die afgelope drie Dinsdae het ons die “Drop&Go” projek in die gemeente van stapel gestuur. Ons is stil dankbaar teenoor elkeen van julle wat tot dusvêr aan hierdie projek deelgeneem het. Die Here kom en verras ons op tye wanneer ons dit die minste verwag. Tot op hede is ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Die Pentateug. Die eerste 5 boeke van die Bybel, Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium, word “die Pentateug” genoem. Die naam “pentateug” beteken letterlik “Vyf boekrolle” – alhoewel die Jode dit ook graag “die Wet” (Torah) genoem het.   Al gaan ons ook individueel na elkeen van die 5 Bybelboeke kyk, moet ‘n mens hulle ... Lees verder

Grendeltyd saam met Ds Johan

Skriflesing: Johannes 10:1 – 16 Ek het die afgelope week weer hierdie bekende gedeelte gelees oor die herder wat so mooi na sy skape omsien. Ons almal ken Joh.10 al van kindsbeen af. Ek het dit ‘n paar maal deurgelees en toe sommer neergeskryf wat ek lees. Van die herder word gesê: Die herder kom ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Inleiding. Daar is ‘n vak in die teologie wat hulle noem “Bibliologie”. Anders as ander vakke in die teologie, soos Dogmatiek, wat fokus op die inhoud van die Bybel, bestudeer Bibliologie die Bybel as boek, soos jy hom in jou hand vashou. Dit vra vrae soos: waar kom elke boek vandaan, en wat maak dit ... Lees verder

DE EIKE VAT HANDE EN MAAK VAN “DROP&GO” ‘N GROOT SUKSES

Ons was stil verstom oor die reaksie van De Eike se mense tydens die “Drop&Go” projek wat Dinsdagoggend by die kerkgebou afgeskop het. Dankie aan ieder en elk vir jul bydrae in hierdie tyd van afsondering. Deur jou bydrae sorg ons dat mense in nood kos op die tafel het. Dit is so eie aan ... Lees verder

GROOT LYDENSWEEK 6 – 9 April 2020

  KUILSRIVIER-DE EIKE Kom reis saam met ons op die lydenspad van Jesus wanneer ons deur voorlesings, respons en gebed tot ’n dieper betekenis kom van wat Jesus in daardie laaste dae moes beleef. Namens ons moes hy die reis aanpak na Golgota. Kom ontdek saam met ons, tree vir tree, die wonder van God ... Lees verder

Goeie Vrydag

Ons het ‘n skrywe ontvang van die sinodale kant af wat voorstel dat ons saam op Goeie Vrydag ‘n “virtuele Nagmaal” vier, wat ons opnuut weer kan bind aan die Here en aan mekaar, soos die formulier so mooi belowe. Hoe gaan dit werk? Ons gaan saam met die video van die boodskap wat ek ... Lees verder

Geloofsdissiplines wat mense kan help in ‘n tyd soos hierdie (wat ook Lydenstyd is)

Afsondering [solitude] in plaas van isolasie – herontdek dié geloofsdissipline. Jesus het gereeld na ‘n plek gegaan om alleen te wees. Vas in plaas van opgaar – dit is ‘n ideale tyd om ons verbruik te evalueer en doelbewus te verminder en van sekere kosse en items te vas. Gebed – ons bid daagliks vir ... Lees verder

Bybelgenootskap se gebedsbrief

8 – 14 Mrt Madagaskar:  Die Bybelgenootskap het steeds baie struikelblokke wat oorkom moet word.  Bid dat die plaaslike kerke die Bybelgenootskap se visie en missie sal deel.  Bid ook vir die verbeteringe aan die infrastruktuur wat kan lei tot ‘n toename in Bybelverspreiding. Mauritius:  Dank die Here vir die Bybelwerk op hierdie eiland.  Bid ... Lees verder

Aswoensdag, Lydenstyd en Paasfees

Lydenstyd (Engels: Lent) is een van die heel wonderlikste seisoene op ons kerklike kalender. In hierdie 46 dae word ons daaraan herinner dat God ons nood raakgesien het, en in sy Seun in ons wêreld ingekom het om herstel te kom bring. Geskiedenis van Lydenstyd: Lydenstyd word sedert die vierde eeu n.C. in die kerk ... Lees verder