N.G. Gemeente Kuilsrivier-De Eike Pinkster 2 – 9 Junie 2019

NG GEMEENTE KUILSRIVIER-DE EIKE PINKSTER    2 – 9 JUNIE 2019 Die Bergrede is inderdaad die hart van die Matteus-evangelie. Dis selfs al “die Grondwet van die Koninkryk van God” genoem. As jy dit verstaan, verstaan jy die Evangelie. Dit leer ons dat dissipelskap ‘n ontsaglike praktiese saak is – nie bloot ‘n oppervlakkige woord-belydenis nie, ... Lees verder

Enkele gedagtes oor Hemelvaart

Hemelvaart voel so half soos die afskeep-kindjie van die kerklike jaar. Dis dan die enigste groot Christelike feesdag wat toe nie as vakansiedag die kalender gehaal het nie. Beteken dit dat dit vir ons onbelangrik is, en eintlik maar geïgnoreer kan word? Natuurlik is Hemelvaart uniek. Enigeen wat al ‘n knop in sy keel probeer ... Lees verder

PINKSTER 2019: Sewe geleenthede aan die voete van die Here

Matteus 5-7: Die Bergrede Oor ‘n week is dit Pinkster. Dan kom ons vir vyf aande (saam met die twee Sondae altesaam sewe geleenthede) in die kerk bymekaar. Dis natuurlik ‘n baie belangrike geleentheid op ons kalender, wat al ‘n baie ver pad kom – so ver soos die Groot Herlewing van die 1860s! In ... Lees verder

Ons Program vir die Tweede Kwartaal 2019

Die viering van die Groot Lydensweek is ‘n realtiewe nuwe gebeurtenis in ons kerk, alhoewel dit in ander kerke al vir baie eeue die gebruik is. Die gedagte daaragter is dat as ons die meeste uit die viering van die Pase wil haal, ons dit reg ingestel daarop tegemoet moet gaan. Iets waarvoor ons in ... Lees verder

9. HOE OM DIE BYBEL TE LEES (Die fyn kuns van Eksegese)

Samevatting Ek sal jou nogal nie kwalik neem as dit alles waaroor ons tot dusver gesels het, vir jou net ‘n klein bietjie (of meer!) oorweldigend is nie! Maar dis sal eintlik baie goed as jy een ding deeglik besef het oor die afgelope klomp weke wat ons daarmee besig was, en dit is dat ... Lees verder

8. HOE OM DIE BYBEL TE LEES (Die fyn kuns van Eksegese)

En so het ons eindelik aan die einde gekom van ons gesprek oor die lees en verstaan van die Bybel. Miskien is dit ten slotte dan net ‘n goeie tyd om ‘n oomblik stil te staan by verskillende maniere waarop mense in die verlede die Bybel gelees en verstaan het, en vandag nog lees. Verskillende ... Lees verder

7. HOE OM DIE BYBEL TE LEES (Die fyn kuns van Eksegese)

Verlede keer het ons gesels oor die sg. “Literêre kodes” wat ons in gedagte moet hou as ons die teks lees: Realisme tot fantasie: Hoe letterlik moet ons dit neem wat die skrywer vertel? Karaktertekening: Hoe belangrik is detail wat oor ‘n karakter gegee word? Karakter- en stemmingsbewegings: beweging in ‘n teks. Ordening van materiaal: ... Lees verder

VERSKIL TUSSEN KLEIN-, GROOTDOOP EN WEERDOOP

Daar is ’n taamlike debat oor die doop nadat die NG Kerk ’n dominee die trekpas gegee het oor sy standpunt oor die grootdoop. Een van die briewe wat in Netwerk24 gepubliseer is, het my oog getref. Miskien kan ons gerus lees wat die skrywer op die hart het. Ek haal aan. Met die bekeringsdoop/weerdoop ... Lees verder

6. HOE OM DIE BYBEL TE LEES (Die fyn kuns van Eksegese)

Hou jy nog kop? Teen die stadium in ons gesprek oor die verstaan van die Bybel wonder jy dalk al of dit regtig nodig is om alles so ingewikkeld te maak? Mag mens dan glad nie die Bybel net eenvoudig lees (“naïewe lees” noem die geleerdes dit) onder leiding van die Gees nie? Of erger ... Lees verder

5. HOE OM DIE BYBEL TE LEES (Die fyn kuns van Eksegese)

Die tweede belangrike hulpmiddel: Taalvaardigheid: In ons gesprek oor die verstaan van die Bybel, het ons nou al twee belangrike bakens geïdentifiseer. Die eerste was die literatuursoort of genre van die teks, en die tweede was die verskillende vlakke van agtergrond daaragter. Vandag bekyk ons ‘n derde hulpmiddel: die taalkundige eienskappe van die teks. 1.Idiome ... Lees verder