NG GEMEENTE KUILSRIVIER-DE EIKE PINKSTER 3 Junie 2019 Aand en 4 Junie 2019 Oggend

MAANDAGAAND / DINSDAGOGGEND: OPROEP TOT VOLMAAKTHEID (Matteus 5:17-48: Nuwe houding teenoor die wet) Trek Jesus se nuwe ryk ‘n streep deur alles vooraf? Jesus kom leer ons wat gehoorsaamheid is… Tog is die leer van die Bergrede radikaal nuut! – Want die ingrype van die koninkryk gaan enige eise hier vooraf. – God lê volledig ... Lees verder

NG GEMEENTE KUILSRIVIER-DE EIKE PINKSTER 2 Junie 2019 Aand en 3 Junie 2019 Oggend

SONDAGAAND / MAANDAGOGGEND: DIE SIGBAARHEID VAN DIE KERK (Matteus 5:13-16) Inl. ‘n Gevaarlike teks, maklik om verkeerd te verstaan. Kan maklik ‘n “nuwe wet” word. – Lees dit in konteks: Matteus 5:13-16 is net moontlik omdat die koninkryk gekom het! Waarom sout / lig? – Die versoeking is groot om die teks te vergeestelik en ... Lees verder

NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike Pinkster 2 Junie 2019 Oggend

SONDAGOGGEND: DIÉ WAT GOD “GESEËND” NOEM(Matteus 5:1-12) Inleiding: Saligsprekings is algemeen in die Bybel: altesaam 44x in die Bybel. – ‘n Wonderlike woord “Makarios” = “welgeluksalig”. – Hierdie is nie blote goeie wense nie; dis Jesus aan die woord! Die Saligsprekings is geen “nuwe wet” nie. – Dis deel van die Matteus-evangelie! Dit gaan oor ... Lees verder

N.G. Gemeente Kuilsrivier-De Eike Pinkster 2 – 9 Junie 2019

NG GEMEENTE KUILSRIVIER-DE EIKE PINKSTER    2 – 9 JUNIE 2019 Die Bergrede is inderdaad die hart van die Matteus-evangelie. Dis selfs al “die Grondwet van die Koninkryk van God” genoem. As jy dit verstaan, verstaan jy die Evangelie. Dit leer ons dat dissipelskap ‘n ontsaglike praktiese saak is – nie bloot ‘n oppervlakkige woord-belydenis nie, ... Lees verder

René se Brief

Liewe De Eike Op Sondagoggend 16 Junie woon drie van my susters ons kerkdiens by De Eike by en ons kerkorrel gaan weerklink! Ons vier is die die dogters van George en Lizzie van Niekerk van Uitenhage en drie van ons is orreliste in ons onderskeie NG Gemeentes.  Die vierde suster, Theresa Troskie, is ‘n ... Lees verder

Gebedsbrief van INContext

Liewe gebedsvriende Dit blyk of die oorlog in Sirië besig is om tot ’n einde te kom soos regeringsmagte, met behulp van Rusland, die laaste gedeelte van die opposisie in Idlib en die omliggende gebiede bestry. Dit bly ’n ingewikkelde konflik met baie rolspelers, insluitend bekende terreurgroepe, opposisievegters en ander nasies. Die oorlog het ’n ... Lees verder

Tiaan oor Kinderkerk

“Dis vir my ‘n groot voorreg om elke Sondag hierdie spulletjie te kan sien en tyd saam hulle deur te bring. Nie net het ons hope pret saam nie, maar elkeen van hierdie kinders kom kinderkerk toe met vreugde en liefde vir Jesus in hulle harte. Vandag se les het gegaan oor Pinkster wat binnekort ... Lees verder

Elmari oor die sinodesitting

Ek het die voorreg gehad om verlede week die vergadering van die Sinode van Wes-Kaapland by te woon.  Dit is bykans onmoontlik om die rykdom en diepte van elke gedagte en gesprek gedurende ‘n tydperk van 5 dae in ‘n paar sinne of paragrawe saam te vat.  Dit was 5 lang dae, maar ook 5 ... Lees verder

Senior Burger Klub

Soos julle reeds weet, bied ons Senior Burger klub elke kwartaal ‘n uitstappie na die een of ander besienswaardigheid aan.  Die Bestuur het besluit dat ons hierdie kwartaal na die Heart of Cape Town Museum in Kaapstad sal gaan.  Hierdie museum beeld die eerste hartoorplanting in die geskiedenis deur dr. Chris Barnard uit.  Diegene wat ... Lees verder

‘n Fondsinsamelingstaakspan vir De Eike

Die visie van die Fondse Kommissie is om goeie finansiële bestuur toe te pas om ‘n gesonde finansiële posisie vir die gemeente te verseker, terwyl terselfdertyd aan die gemeente se behoeftes én aan die Kerk se roeping, voldoen word.  Met ander woorde: die Fondsekommissie se fokus rus hoofsaaklik op die oordeelkundige besteding van ons beskikbare ... Lees verder