Enkele gedagtes oor Hemelvaart

Hemelvaart voel so half soos die afskeep-kindjie van die kerklike jaar. Dis dan die enigste groot Christelike feesdag wat toe nie as vakansiedag die kalender gehaal het nie. Beteken dit dat dit vir ons onbelangrik is, en eintlik maar geïgnoreer kan word? Natuurlik is Hemelvaart uniek. Enigeen wat al ‘n knop in sy keel probeer ... Lees verder

PINKSTER 2019: Sewe geleenthede aan die voete van die Here

Matteus 5-7: Die Bergrede Oor ‘n week is dit Pinkster. Dan kom ons vir vyf aande (saam met die twee Sondae altesaam sewe geleenthede) in die kerk bymekaar. Dis natuurlik ‘n baie belangrike geleentheid op ons kalender, wat al ‘n baie ver pad kom – so ver soos die Groot Herlewing van die 1860s! In ... Lees verder

INContext gebedsbrief

Liewe gebedsvriende Op 19 Mei het ’n bom langs die pad dig by ’n toerbus naby Egipte se piramides ontplof en 17 mense is beseer (insluitende Suid-Afrikaners en Egiptenare). Gelukkig is geen sterftes aangemeld nie. ’n Paar maande gelede, in Desember 2018, is drie Viëtnamese vakansiegangers en hul Egiptiese gids dood toe ’n bom langs ... Lees verder

Riëtta Odendal Getuienis – 11 April 2019

Ek deel graag my getuienis : Op 15 Februarie 2019 het ek flou geword, as gevolg van ‘n bloeiende maagseer.  Ek was nie eers bewus van ‘n maagseer nie, wat nog van ‘n bloeiende een.  Op daardie stadium het ek al heelwat bloed verloor, en moes 4 eenhede bloed ontvang in die hospitaal. Lang storie ... Lees verder

INContext – gebedsbrief

Liewe gebedsvriende Op 8 Mei word algemene verkiesings in Suid-Afrika (SA) gehou om ’n nuwe Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers in elk van die nege provinsies te kies. Volgens die verkiesingskommissie van SA (OVK) sal daar vanjaar vier-en-veertig partye op die nasionale stembrief verskyn – dit is 19 meer as die aantal partye wat in ... Lees verder

DONKIE

Nuut uit Dana Snyman is pen is DONKIE, wat handel oor ’n Skoolhoof, gespeel deur Frank Opperman, wat die skool-skip moet laat seil midde-in stormsee in ’n nuwe Suid-Afrika. Met ’n lag en ’n traan betree ons die binnewêreld van ’n skoolhoof.  Meer hieroor HIER Lees verder

Sinodale Vrouebyeenkoms 10 April 2019

‘n Paar van ons vrouelidmate was bevoorregd om op 10 April die Sinodale Vrouebyeenkoms by Eensgezind by te woon saam met vroue van ander gemeentes regoor die Wes-Kaap. Die weer was effens koel en mistig vroegoggend, maar die warm atmosfeer het ons sommer met die intrapslag reeds welkom laat voel.   Die Zamar musiekgroep het gesorg ... Lees verder

Ons Program vir die Tweede Kwartaal 2019

Die viering van die Groot Lydensweek is ‘n realtiewe nuwe gebeurtenis in ons kerk, alhoewel dit in ander kerke al vir baie eeue die gebruik is. Die gedagte daaragter is dat as ons die meeste uit die viering van die Pase wil haal, ons dit reg ingestel daarop tegemoet moet gaan. Iets waarvoor ons in ... Lees verder

INContext – gebedsbrief

Liewe gebedsvriende Op Sondag 31 Maart het Turkye plaaslike verkiesings in al 81 provinsies gehou. Die opposisie, Cumhuriyet Halk Partisi (CHP) – Republikeinse Volksparty – het die voortou in Istanboel en Ankara, beide belangrike stede, geneem. As dit bevestig word, sal dit ’n geweldige terugslag vir president Recep Tayyip Erdogan se regerende party vir Geregtigheid ... Lees verder

Sinodale Vrouebyeenkoms

Liewe Vrouelidmate Kom geniet die dag saam met ons! Word verwelkom deur die klanke van Zamar en vind ‘n ruimte om te mag wees. Kom laat los waaraan jy swaar dra en loof God saam met Hilandi du Toit. Ons luister na stories van vroue op hulle geloofsreis en kyk ons eie vrese in die ... Lees verder