“De Eike Olympics”

Hiermee die laaste kennisgewing van die Senior Burgerklub se speletjiesoggend.  Ons noem dit sommer die “De Eike Olympics”!  Dit vind plaas eerskomende Donderdag 30 Augustus 2018 vanaf 09:30 tot 12:00 in De Eike se kerksaal.  Daar sal ‘n halfuur tee/koffie en verversings onderbreking wees sodat deelnemers hul asem kan terugkry en hul kragte kan versterk!  ... Lees verder

Die Heidelbergse Kategismus: 22. Oor die hemelvaart van Christus (ii)

Sondag 19 Vraag 50: Waarom word daar bygevoeg: en sit aan regterhand van God? Antwoord: Christus het na die hemel opgevaar sodat Hy Hom daar as die Hoof van sy Christelike kerk kan betoon, deur wie die Vader alles regeer. Vraag 51: Watter nut bring hierdie heerlikheid van ons Hoof Christus vir ons? Antwoord: Ten ... Lees verder

Die Kerkkoor maak gereed vir die Kerkkoorfees en Dis Tyd om Te Sing

Sondagaand 26 Augustus is ‘n baie belangrike datum op die 2018-kalender van ons kerkkoor.  Die jaarlikse Kerkkoorfees vind dan om 18:00 plaas by Kuilsrivier Moedergemeente – hierdie jaar lekker naby aan ons!  Die koor geniet hierdie geleentheid baie en dit sal heerlik wees as ons gemeentelede ons kom ondersteun. Ons is ook hard aan die ... Lees verder

INContext

Liewe gebedsvriende Luidens ? verklaring op Sondag 19 Augustus deur die Indiese owerhede in die suidwestelike staat van Kerala, het 370 mense gesterf in die ergste oorstromings in ? eeu wat hierdie streek tref. Hierdie bring die aantal mense tot ? 1000 wat sedert die begin van die moeson-reënseisoen in oorstromings in sewe Indiese state ... Lees verder

‘n Plan vir Green Park: Ondersteuningsgroep vir kleuterskool

By die skooltjie in Green Park moet die kinders soms moeilike omstandighede die hoof bied. So is die container vir die kleuterskool byvoorbeeld laer as die grondoppervlakte opgerig, sodat dit elke jaar gedurende die winter binne en buite oorstroom het. Dit het beteken dat die kindertjies oor sandsakke moes loop om by die droë containerklaskamer ... Lees verder

“Kinders vrae moeilike vrae”

Het jy al ooit gewonder hoe God lyk?  Ek dink dit raak baie moeilik om aan God te glo, juis omdat ons nie vir God as mens by “Google images” kan opspoor nie.  Ons kan nie vir God beperk tot een enkele beeld nie.  As kind het ek het altyd hierdie idee gehad van ‘n ... Lees verder

Vrouesondag – 19 Augustus 2018

Die Kommissie vir Vrouelidmate is baie opgewonde om jaarliks in Augustus ‘n vrouepredikant op die kansel te verwelkom ter viering van Vrouedag.  Eerskomende Sondag bring ds. Carike Hanekom van Sonstraal-gemeente vir ons die boodskap – kom luister gerus! Sondag is dan ook die geleentheid wanneer ons die Vrouedankoffers insamel.  Hierdie jaar is vro(u)like pers koevertjies ... Lees verder

Liewe gebedsvriende INContext

Plaaslike media bronne het op Sondag 5 Augustus berig dat die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps  grootskaalse vloot oefeninge in die Straat van Hormuz gehou het.  Hormuz is in die Persiese Golf  en ‘n belangrike seeweg vir die globale verskeping van olie.  Dit het aansienlik vroeër in die jaar plaasgevind as wat verwag is, en volg op ... Lees verder

ALPHA Sorina en Riëtta

Sorina Greeff Ons is al by die vierde week van Alpha en elke sessie is ‘n ervaring op sy eie. Dis wonderlik om saam met ander gelowiges om die Bybel te kan kuier. Die vierde onderwerp het oor geloof gegaan. Wat is geloof?  Wat beteken dit vir ons? Vir ons as groep is geloof blinde ... Lees verder

Jandré se reaksie op vrae

“Kinders vrae moeilike vrae” Het jou kinders al vir jou moeilike vrae gevra wat jy nie kan antwoord nie?  Vermy jy dalk daardie vrae of voel jy soms onseker oor of jy die regte antwoorde gee op hul vrae? As ‘n jong ouer wag ek ook vir daardie dag wat Daniël my diep in die ... Lees verder