Oor die vrae van die Kinderkerk

Riëtta se versoek:  Ek het vandag die kinders uitgenooi om vir ons moeilike vrae anoniem te bring van volgende keer af, en ‘n brieweboks beskikbaar sal stel daarvoor.  Groot was my verbasing toe die kinders (graad 5 en 6) die geleentheid met ope arms aangegryp het, en ek sommer vandag al 7 briewe ontvang het. ... Lees verder

Kinderkerk: 4de Verjaarsdag – 5 Augustus 2018

Ek sê baaaaaie dankie vir al die gelukwensinge op Sondag, 5 Augustus,  met die Kinderkerk se 4de verjaarsdag.  Dit bly net ‘n voorreg om geroep te wees, en ek glo geskape te wees met ‘n spesifieke persoonlikheid en gawes, vir hierdie belangrike werk.  Ek kan egter onmoontlik al die krediet vir myself vat, want vandat ... Lees verder

Makhathini

MAKHATHINI In 1928 het eerw. Josua Joubert vanaf Mosambiek na Makhathini gekom en die evangelie aan groot getalle Zoeloes gebring. Die Nkonjane-sendingstasie is toe gevestig, maar moes in 1935 sluit agv eerw. Joubert en sy opvolgers se swak gesondheid vanweë malaria. Hierdie werk lewer egter ’n groot oes op en die kweekskoolstudente van die Universiteit ... Lees verder

ALPHA – Tafel 1

Ek was gevra om ‘n leier by die Alpha-kursus te wees. Met geen ondervinding het ek ingestem. Daar was ‘n leierskursus maar nogtans was ek maar op my senuwees. Boonop was tafel nommer een aan my toegewys en toe ek die lys van name sien wat by my tafel gaan sit was die knie maar ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 20. Oor die opstanding van Christus Sondag 17 Vraag 45: Watter nut het die opstanding van Christus vir ons? Antwoord: Ten eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin sodat Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het, deelagtig kon maak. Ten tweede word ons nou ook deur ... Lees verder

INcontext – Liewe gebedsvriende

Liewe gebedsvriende, Daar het amper ‘n duisend Siriese vlugtelinge teruggekeer na hul tuisland op 28 Julie vanaf die buurstaat Libanon. Hierdie uittog volg op honderde wat dieselfde roete gevolg het vroeër in die week en is ook die vierde ronde vlugtelinge wat binne die laaste maand terugkeer na Sirië. Sedert die begin van 2018 het ... Lees verder

De Eike Senior Burgerklub – “De Eike Olympics”

Ons Bestuur het reeds bymekaar gekom en gesels oor ons program vir die derde kwartaal.  Ons het die afgelope jaar die gebruik gevestig dat ons eenmaal per kwartaal ‘n uitstappie het.  Ons het egter besluit ons gaan twee aktiwiteite dié kwartaal aanbied.  Ons wil graag op Donderdag 30 Augustus ‘n Speletjiesoggend in De Eike se ... Lees verder

DIE ALPHA-PROGRAM IS NET DIE BEGIN

  Die Tafelleiers by vanjaar se Alpha-kursus Ons het ons harte vasgehou en gehoop… Tafelleiers is opgelei, die kosspan is slaggereed. Ons voorbereiding is afgehandel. Die materiaal is instudeer. Klokslag, wanneer die kerkkantoor se deure vroegoggend oopswaai, het ek vir Cathy gebel en gevra: “Hoeveel mense het al ingeskryf?” Moes ek die program kanselleer? Is ... Lees verder

Liewe gebedsvriende

Zimbabwe het minder as ‘n week oor tot hul waterskeidingsverkiesing, wat op 30 Julie sal plaasvind.  Dit sal die eerste verkiesing sedert onafhanklikheid wees (1980) wat nie voormalige president Robert Mugabe insluit nie.  Die 94-jarige “sterkman” het na 37 jaar  uitgetree nadat die weermag hom gedwing het om te bedank. Dit sluit  diegene in sy ... Lees verder

De Eike Senior Burgerklub

Die Bestuur het reeds bymekaar gekom en gesels oor ons program vir die derde kwartaal.  Ons het die afgelope jaar die gebruik gevestig dat ons eenmaal per kwartaal ‘n uitstappie het.  Ons het egter besluit ons gaan hierdie kwartaal twee aktiwiteite aanbied.  Ons wil graag op Donderdag 30 Augustus ‘n Speletjiesoggend in De Eike se ... Lees verder